Sondre Lerche

Sondre Lerche
Agtergrondinligting
GeboortenaamSondre Lerche Vaular
Gebore5 September 1982 (1982-09-05)
Bergen, Noorweë
Beroep(e)Musikant
EtiketteVirgin Records America, EMI Records Group UK & Eire, EMI Norway, Gronland, Virgin Norway, Astralwerks
Webwerfsondrelerche.com
Sondre Lerche ná 'n optrede by Nevernes Havn, Noorweë.

Sondre Lerche Vaular (Noorse uitspraak: [ˈsondrə ˈlærkə], * 5 September 1982 te Bergen, Noorweë) is 'n Noorse sanger, kitaarspeler en liedjieskrywer.

Lerche het grootgeword met die klanke van popmusiek uit die jare tagtigs en het 'n fassinering vir groepe soos a-ha, The Beach Boys en Prefab Sprout ontwikkel, wat hom gemotiveer het om op die ouderdom van agt met formele kitaarlesse te begin. Lerche was ontevrede met die klassieke kitaarlesse en sy onderwyser het later ingegee deur hom aan Brasiliaanse musiek (soos bossa nova) bloot te stel. Hierdeur is die fondament vir Lerche se wye reeks ingewikkelde melodieë en akkoorde in sy musiek gelê. Op die ouderdom van veertien het Lerche sy eerste liedjie geskryf, getiteld "Locust Girl". Hy het akoestiese gigs (konserte) by die klub waar sy suster werksaam was, opgevoer terwyl hy nog minderjarig was. Hy is daar deur die Noorse vervaardiger H.P. Gundersen "ontdek", wat hom onder sy mentorskap geneem het en hom aan diverse musiekgenres, insluitend psigedelie, 60's-pop en hoofstroom Brasiliaanse musiek bloot gestel het, wat sy waardering vir eklektiese musiekstyle verder verbreed het. Rondom hierdie tydperk het Lerche die musiekbaas Tatiana Penzo van Oslo ontmoet — 'n ontmoeting wat tot 'n platekontrak met Virgin Norway gelei het. Sy gewildheid in sy tuisland het reëlmatig toegeneem en hy het in 2000 sy debuutalbum, Faces Down, opgeneem.


Developed by StudentB